
=====================================================================
Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Suksesse met onderwysprojekte

SKOOLONDERWYSPROJEKTE was tot dusver om verskeie redes nie een van die hoofprioriteite waarop die Stigting met sy soort middele hom toegel 
het nie. Tog is dit 'n werkgebied waarop heerlike suksesse in die afgelope jaar of twee in samewerking met vennote behaal is.

Reeds 'n tweede landwye Afrikaans-Ekspo vir horskoolleerlinge het vanjaar op 6 Augustus in Pretoria plaasgevind. Byna die helfte meer 
skole het daaraan deelgeneem as verlede jaar. Ongeveer 1 200 inskrywings, afkomstig uit al nege die provinsies, is ontvang.

Afrikaans-Ekspo se slagspreukuitblinkers: Lenka Spalovsky, Horskool Menlopark, en Jacobus Engelbrecht, Afrikaanse Horseunskool, Pretoria.

Die Afrikaans-Ekspo het klaar oortuigend daarin geslaag om skole, onderwysers en kinders oral in die land opnuut te laat belewe dat 
Afrikaans 'n sprankelende uitlewingsmedium is. Strome kinders neem geesdriftig en spontaan aan die plaaslike, streeks- en nasionale Ekspo 
deel. En dit gaan al hoe verder uitbrei.

Hoofvennote in die Ekspo-projek is die skole, die Voortrekkerbeweging en die Stigting vir Afrikaans. Mev. Henritte du Toit is die 
projekleier en Rapport-Hulpfonds is 'n gewaardeerde ankerborg wat jaarliks die Ekspo help bemoontlik.

In Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte (in groter Kaapstad) is daar 'n Afrikaans-ondersteuningsprojek wat uit sy nate wil bars. Vier-en-
twintig hor skole, met 'n leerlingtal van ongeveer 850 leerders by elke skool, is betrokke by die Mitchells Plain Afrikaans Projek.

Di projek bied ondersteuning aan onderwysers sover dit uitkomsgebaseerde onderwys betref; aan matrikulante wat Afrikaans as 'n derde taal 
aanleer, word spesiale hulp verleen; 'n lenteskool vir matrikulante konsentreer op eksamenhulp; en voorligting oor beroepsgeleenthede in 
die Afrikaanse wreld word gegee.

Tans is daar verskeie versoeke dat die Mitchells Plain Afrikaans Projek ook na aangrensende gebiede in die Wes-Kaap uitgebrei moet word. 
Die kernvennote in die uitvoering van di projek is Die Burger, die Universiteit van Wes-Kaapland en die Stigting vir Afrikaans. Die 
projekleier is prof. Ikey van de Rheede, viserektor van die UWK en medewerker van die Stigting vir Afrikaans.

'n Laaste voorbeeld van 'n onderwysgerigte projek wat wyd uitreik, is mev. Olga Sema se Afrikaans-onderwysersforums wat die afgelope jaar 
in al nege die provinsies tot stand gekom het. Dit kry welkome finansile steun uit Nederland.

Met die leuse "Masakhane vir Afrikaans" moedig di Forums onderwysers wat Afrikaansonderrig gee (as eerste, tweede of derde taal), aan om 
deur hul eie vindingrykheid die belangstelling en geesdrif vir Afrikaans in elke provinsie uit te bou. Praktiese riglyne hiervoor word by 
elke Forum-byeenkoms bespreek.

Tydens 'n nasionale byeenkoms op 18 en 19 Junie in Pretoria was die provinsiale voorsitters van die Forums positief daaroor dat hulle 
vordering gemaak kry, in samewerking met die Stigting vir Afrikaans en ander vennote soos die ATKV, uitgewers, die Afrikaanse koerante (vir 
koerant-in-die-klaskamer), Afrikaanse departemente van verskeie tersire instellings en die onderskeie provinsiale onderwysdepartemente.

Voorbeelde soos die bogenoemdes toon duidelik dat die Stigting 'n meelewende en verskilmakende vennoot ook op die gebied van Afrikaans-
onderwys is. Die Stigting s hartlik dankie aan almal wat hande vat om die suurdeegproses in die belang van Afrikaans en sy mense dwarsdeur 
te laat werk.   Karel Prinsloo, uitvoerende direkteur, Stigting vir Afrikaans.

Hoofartikel

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av636.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1999 /// Streef na onafhanklikheid van politieke gees. (AV 6:3) 
/// Troukoors (AV 6:3) /// Afrikaans bring die Woord aan Kung-praters (AV 6:3) /// Brief uit Murraysburg (AV 6:3) /// Ode aan my 
leermeesteres (AV 6:3) /// Suksesse met onderwysprojekte (AV 6:3) /// Afrikaansdag treffer by Vista (AV 6:3) /// Nuwe woorde uit anderhalwe 
dekade (AV 6:3) /// Rekenaar help Afrikaansleerders (AV 6:3) /// 'Wat ek wil s, kan in Afrikaans ges word' (AV 6:3) /// 'n Omstrede 
veteraan bieg (AV 6:3) /// Vaardig met tong en hand (AV 6:3) /// Dit kook en prut in die taalpot (AV 6:3) /// Johan Combrink was 'n 
DOENmens (AV 6:3) /// Gevangene (AV 6:3) /// George doen ding vir Afrikaanse reklame (AV 6:3) /// Leeslus het losgekom -- Internet gee 
koopnuus (AV 6:3) /// Gee swaarkry van Oorlog nuwe sin (AV 6:3) /// 'O moedertaal ... jou het ek lief bo alles ...' (AV 6:3) /// Waardeer 
mekaar se verdienstes (AV 6:3) /// Kalklig-dief (AV 6:3) /// IiLwimi wil taalregte en veeltaligheid uitbou (AV 6:3) /// Wenners munt uit 
met raaks-Afrikaans (AV 6:3) /// Baksel in die winter (AV 6:3) ///

